AANBIEDERS

Nico Louw
Hy is die eienaar, die hart en die passie agter Wildebees. Sy gunsteling kleur is Camo en “jag” is sy tweede naam.
Geliefde pa van 2 kinders en ongelooflike man vir sy vrou. Dis by hom, waar alles begin het, en nee, hy is nie binnekort van plan om op te hou droom nie.

Yster Louw
Hy is die eienaar van Wildebees Wapens, die wapen en buitelewe gereedskap winkel. Hy is ook Nico se seun en deel sy passie vir die buitelewe en jag met sy pa.
Pasgetroud en baie gelukkig saam sy vroutjie. Vol energie met baie planne en drome vir die toekoms, en veral, met sy wapen winkel.
HOOF BORGE

Wildebees
Wildebees is die rede hoekom die TV Program bestaan. Maar anders as dit, het hulle seker gemaak elke deelnemer is mooi aangetrek en kamera-gereed.
Gaan besoek gerus www.wildebees.com vir meer inligting en gaan volg hulle sosiale media bladsye.

MBT Petroleum
MBT het vir ons petrol/diesel geborg vir die loop van die program. Ons kon by enige MBT in die land gaan stop en al ons karre vol maak sonder enige vrae.
Gaan besoek gerus www/mbtpetroleum.co.za vir meer inligting en gaan volg hulle sosiale media bladsye.

Isuzu Suid-Afrika
Isuzu het vir ons een Isuzu bakkie geborg om mee rond te toer, en hulle het n kontant bedrag bygedra. Hulle was ook indirek verantwoordelik vir Williams Hunt in Midrand se borg.
Gaan besoek gerus www.isuzu.co.za vir meer inligting en gaan volg hulle sosiale media bladsye.

Williams Hunt in Midrand
Williams Hunt in Midrand het vir ons een Isuzu bakkie geborg en het verseker dat ons op ons avonture kon gaan en ons deelnemers kon saamvat in geborgde karre.
Gaan besoek gerus www/williamshunt.co.za/vehicles/midrand/ vir meer inligitng en gaan volg hulle sosiale media bladsye.

Belongalou
Belongalou het in elke episode seker gemaak dat daar genoeg was om te drink en eet. Die deelnemers het nie een keer nodig gehad om te wonder oor kos of wat hulle wil drink nie.
Gaan besoek gerus hulle sosiale media bladsye vir meer inligting.

Signwraps
Signwraps het vir ons al ons stickers, vlae, magnete en ander bemarkings items geborg. Hulle het ook ons 2 Isuzu bakkies oorgetrek.
Gaan besoek gerus www.signwraps.co.za vir meer inligting en gaan volg hulle sosiale media bladsye.
PRODUKSIE SPAN

CFG PRODUCTIONS
Rikus en Tarien Cronje
CFG Productions is n produksie maatskappy wat ongelooflike diens lewer en puik gehalte TV Programme aanmekaar sit.
Gaan volg hulle op sosiale media.
Rol:
Kameraman vir elke episode asook die voorprent. Was verantwoordelik vir elke borg en onderhoud. Het die hele TV Program aanmekaar gesit. Direkteur, redakteur, vervaaridiger en uitvoerende vervaardiger. Het alle relings rondom elke episode getref en seker gemaak alles verloop vlot.

SONS OF LAMBIS
Werner snyman
Sons of Lambis is n bemarkings maatskappy wat spesialiseer in korporatiewe musiek, advertensies en vele meer.
Gaan volg hulle op sosiale media.
Rol:
Kameraman in 4×4, scuba, Kalah Combat, kamp en kook, oorlewing, 4M stap, valskermspring, geweer jag en finale episode. Was verantwoordelik vir alle “drone” beeldmateriaal. Het gehelp met die voorprent. Hy was verantwoordelik vir die musiek, inleidings en alle ander redigering rondom die TV Program. Hy is ook die hoof redakteur.

ANIKA LOUW
Anika is nuut in die industrie maar maak haarself goed van haar taak kwyt. Watookal jy vir haar gee om te doen, pak sy aan met passie en erns. Niks is ooit te veel, te groot of te moeilik vir haar nie!
Rol:
Kameravrou in 4×4, Scuba, Kalah Combat, kamp en kook, boogjag, beroepsjagter en finale episodes. Het alle agter-die-skerms beeldmateriaal geneem, hanteer en op sosiale media gesit. Het al die inskrywings videos afgeneem, geredigeer en gehelp met die voorprent. Was verantwoordelik vir alle kontrakte met deelnemers, kommunikasie met deelnemers en inskrywings vorms. Het kandidate gebel en alle admin rondom die deelnemers hanteer. Was verantwoordelik vir alle bemarking rondom die program.

willem viljoen
Willem is n kamera man met meer as 20 jaar se ervaring in die industrie. Hy gee ongelooflike kwaliteit beeldmateriaal en is defnitief iemand wie jy op jou span wil he!
Gaan volg hom gerus op sosiale media.
Rol:
Kamera man vir voorprent, Kalah Combat, Kamp en Kook episodes. Hy was ook die stem in die voorprent.

MARIUS POTGIETER
Marius is ook n kamera man wat spog met meer as 20jaar se ervaring in die industrie. Altyd lus vir n nuwe avontuur en bereid om enigiets af te neem, maak nie saak hoeveel sand duine hy moet uitklim daarvoor nie.
Gaan volg sy sosiale media bladsye.
Rol:
Kamera man vir 4×4 episode en voorprent.

DYLAN VAN DEN BERG
Dylan is nuut in die industrie maar geweldig passievol en professioneel. Sy hart le in die buitelewe en sy passie vir produksie is iets om na op te kyk.
Gaan volg gerus sy sosiale media.
Rol:
Kamera man vir Boog Jag, Beroepsjagter en 4M Stap episodes.